Filed under: rants | Tags: boere, bosveld, familie, homesick, kinders, neefs, niggies, Suid Afrika, verlange
Hoe nader ek kom aan my groen kaart hier in amerika, hoe meer voel ek soos ‘n Afrikaner. Hoe minder probeer ek my aksent wegsteek, en hoe meer is ek trots elke keer as iemand my vra daarna.
Twee jaar gelede, nadat ek al ‘n paar jaar hier was, het ek ’n baie goeie ou vriend uit Israel eendag vertel dat Amerikaners dink ek het die coolste aksent. Sy antwoord? Klink my vir die eerste keer in jou lewe is jy trots en is dit ‘n goeie ding in jou lewe dat jy ‘n Boer is!
Sien, ek was altyd baie skaam oor daai feit. elke ieder een van ons loop met iets op ons hart wat ons skaam maak, en vir my was dit my Boere bloed, my ooms met hulle verdomde kakie klere en vanpaste houding en lewensuitkyk. Wat my skaam gemaak het is nie dat hulle boere is nie, dit was die wete dat hulle so skaamteloos geglo het hulle witvelle maak hulle beter.
En nou, noudat ek op die nippertjie staan om ‘n 2e land in 10 jaar “Home” te maak … nou skielik voel ek barstens toe trots op my Afrikaner wees. Nooit sal ek trots wees op wat die boere nasie aan ander nasies gedoen het nie, maar nooit sal ek so naief wees om te dink dit is die enigste plek in die wereld waar dit gebeur het nie. Ek kan net op die stadium trots wees op my mede-Suid Afrikaners wat hulle vryheid behels het en ‘n nuwe lewe uitgekap het in ‘n stuimige land. maar hierdie is nie oor Suid Afrikaners nie, dis oor my.
Ek wil bosveld toe. Ek wil die diere hoor en die voeltjies. ek wil sit en kyk hoe hulle verby stap en knibbel aan ‘n blaar. sorgeloos, vry. Ek wil my familie sien, klein K wat nou al 6 maande oud is en wie ek nog nooit ontmoet het nie. My suster se man wie ek nog nooit ontmoet het nie, en my neefs en niggies se kinders wie ek nog nooit ontmoet het nie.
5 jaar gaan so vinnig verby, en in 5 jaar gebeur baie min met een persoon, maar daar gebeur BAIE in ‘n familie wat 45 mense sterk staan.
2 Comments so far
Leave a comment
Leave a comment
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>
Ek het anderdag al vir jou hier kommentaar gelos, maar lyk my iets het dit opgeeet. Ek dink mens kan ‘n Boer uit Suid-Afrika haal, maar jy sal nooit Suid-Afrika uit die Boer kan haal nie!
Comment by sonkind March 26, 2008 @ 7:52 pmSela
9 jaar terug het ‘n pel juis hier in Silicon Valley eendag my probeer wysmaak dat “You too will come full circle. You will go back to your roots to roost”
ek het hom nie verstaan nie, ek was te jonk. maar ek verstaan nou al amper.
Comment by tandula March 27, 2008 @ 12:40 am