Let the `’Light Shine


die naai gogga
November 6, 2007, 6:25 am
Filed under: rants | Tags: , , ,

Ek het skielik ‘n paar weke terug die naaldwerk kiem opgedoen.  Ek het summier winkel toe gery en ‘n naaimasjientjie gaan koop.  sommer die goedkoopste outjie, maar toe begin ek dinge maak dat daai masjientjie sommer warm word.  kussings en lekker flannel slaap broeke en wie weet wat nog.  ek’s tog alte ingenome met die outjie.

Ag julle, ek wens ek kan nou uitfigure wat is dit wat my hond so laat poep.  ke gee hom nie vreemde kos nie, maar dis nou winter, en mens kan nie meer met die vensters oop slaap nie, dis te koud, en nou trek die hond los en vergas ons behoorlik. 

Terug na my naaimasjien toe.  ek het nou al my tweede zip ingesit gister, en ek moet dalk net noem, dit lyk al amper soos ‘n winkel gekoopte stukkies werk met ‘n zip. ai ek’s so trots op my nuwe stokperdjie

my suster lag haar flou. Vir huishoudkunde het ek nooit meer as 3/25 gekry nie, en die broeke het altyd soos rompe gelyk en die koeke het platgeval en dit was net dood duidelik destyds dat ek nie huisvrou materiaal sal wees nie.   Inderdaad was ek ook nie.  Ek moes eers deur ‘n Wiskunde graad en baie jare se eensaamheid gaan om te sien, Sjoe maar dis lekker om tuis te bly, laterig op te staan, dinge net na my sin te doen die hele dag lank tot en met 4:30 wat ek koers kies kombuis toe om my huisvrou leefstyl te gaan verdien by die kook potte.   ‘n lekker aandetetjie later en alles stewig in die skottelgoedwasser is ek teen sowat 6:30 klaar met my daaglikse loonverdiening.   O ja, en Maandae word daar huis skoongemaak en wasgoed gewas asof dit uit die mode gaan. 

My Roomba jaag deur die huis en pla die honde,  maar as daai robotjie klaar is, is my vloere skitterblink.
Die wasmasjien en tuimeldroer dreun onophoudelik, en ek foeter op en af met die trappe met dit mandjies vougoed.  Duidelik was vandag Maandag.

Maar ek’s moeg.  net gou een tafeltjie poker om my siel te rus, en dan slaap.  More is Dinsdag, en as die son skyn kan ek gaan remote control vliegtuigies vlieg terwyl my honde hase jaag in die veld.  Sal maar sien.


No Comments Yet so far
Leave a comment



Leave a comment
Line and paragraph breaks automatic, e-mail address never displayed, HTML allowed: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>